Suid-Afrika se moerste lekkerste moer-koffie. Vars gerooster van koffiebone ingevoer van Afrika en Suid-Amerika. En sodra jy jou bestelling stuur (en betaal Jannie) spring die barista aan die werk. Jy sal sukkel om varser koffie as dit te kry. (Behalwe as jy by 'n roostery koffie drink natuurlik). Gerooster deur een van die top 3 baristas in die land. Ons koerier landwyd. En nee, ons verkoop nie tee of kitskoffie nie. (Sies man!)
Fiks wees is een ding, maar mal fiks, mal fris en mal sterk - dis die basis wat ons gebruik het om WildeBoer se sport aanvullingsreeks te ontwikkel. Ontwikkel deur 'n professionele liggaamsbouer en 'n ultra afstand en multi-sport atleet (nee, nie Crossfit nie, maar 'n Hybrid athlete). Maar dit veilig vir Crossfitters, moenie komkommer nie. Ons produkte is eintlik so skoon en vry van verbode middels dat jy dit vir enige sport kan gebruik. Dit sluit in met 'n renoster stoei, 'n haai soen of met jou vrou stry en weghardloop (bang gat!!) Oefen, in Afrikaans!