
Aangename Kennis!
Wild, wilder, WildeBoer - Ons voer die Wild in jou.
Bly om jou te leer ken hier in die wêreld van die WildeBoer. En welkom by ons avontuur saam met jou. Loer ondertoe om te sien wie ons is en wat ons doen, en wat ons so wild maak.

Ons Storie
WildeBoer het sy nasleep uit 'n te kort van behoorlike koffie, na 'n lang, avontuur in die woude van Sentraal Afrika Repuliek. Want op 'n stadium is genoeg net genoeg en het ons met 'n plan opgekom om behoorlike koffie te kry. Die koffie was so goed, dat ons dit nie vir onsself kon hou nie, en nou is WildeBoer Moer hier om met almal te deel. Stylvol genoeg vir top koffie winkel en wild genoeg vir enige avontuur.
En omdat ons uit 'n adrenalien gelaaide agtergrond kom vol jag, en motorfietse, en skiet, willdbewaring, valskerm spring, Ironman driekampe en 'n daaglikse lewe om fiks en gesond te bly, het ons, met meer as 30 jaar se ondervinding in die fiksheidsbedryf, saamgespan met 'n voormalige SA liggaamsbouer en die WildeBoer Fiks sport-aanvullingsreeks begin. Die idee was eenvoudig. Skoon produkte, "doping free", en veilig vir elke sport denkbaar, behalwe veerpyltjies en damduik.