'n Unieke, handgemaakte WildeBeer vir jou Tjokker!
Elke WildeBeer is ongeveer 45cm groot en word met liefde gemaak wat beteken daar is nie 2 wat presies dieselfde is nie.
Joune is net joune en flinke hande begin jou beer lewe gee sodra jy hom bestel. Hy sit nie op die rak en wag nie, so jy wag so klein bietjie langer, maar nie baie nie.
Ons kan die karnallie binne 'n week by jou kry as almal genoeg moer drink en daar nie 'n stok in die speke beland nie.
Jy weet jy wil een hê, maar sê maar dis vir jou Tjokker. Ons sal verstaan. En ons sal niemand sê nie. WildeBoere praat nie uit nie.
WildeBeer aka MoerBeer
R265.00Price