WildeBoer Onbeskof Groot is 'n een-van-sy-soort proteïene mengsel gelaai met WildeBoer se kombinasie van hoë biologiese waarde proteïene en ook aminosure om seker te maak jou spiere bly in 'n anaboliese toestand vir so lank as moontlik. Dis soos hasie-melk, maar vir mans.
Onbeskof Groot is so saamgestel, dat jou liggaam byna konstant in 'n positiewe stikstof balans
is. Ja, stikstof. "Nitrogen"in Rooinek taal. Nie dit wat in die lug bly hang nadat jy 'n trop buffels met die hand gevang het nie. 'n Positiewe stikstof balans verseker dat jou spiere in groei-fase bly. Amper soos 'n voerkraal bul-kalf.
ONBESKOF GROOT - Anaboliese Proteïene (1.5kg)
R325.00Price